Orania - 'n blik oor die dorp.

Tuesday, June 26, 2012

1976

Bantu Education.

Monday, June 25, 2012

Toemaar Zuma - het jy hom maar binne gehou.


(onbekende skrywer)

Ek dink nie die hele bohaai oor ons "presidensiële kroonjuwele" strek
enigiemand tot eer nie, maar ek het my beslis verkneuter in die skitterende
woordspeling wat ek die afgelope dag of twee in die pers raakgelees het.  Ek
deel dus nie soseer die "hangende tuine van Zuma" met julle nie; eerder die
seggingskrag van my geliefde taal........

Zuma is nou voëlvry verklaar

Tant Blanche is tot barstens toe vol van slurpe en gulpe

Dit is 'n hele trilling onder die volk oor die presidensiële kroonjuwele

Die president het dalk 'n punt beet

Zuma soek 'n interdick teen die galery

Lenin het ook 'n punt - elke kommunis het darem sy trots (na.v. Zuma wat
uitgebeeld is in die posisie van Lenin se beeld)

Totdat hulle prosedeer is die saak hangende

Zuma is rêrig in 'n onbesnydenswaardige posisie

Ons wil nie ons ou landjie se grootkoppe sien uithang nie

Die grootmeneer se groot meneer

Die kunstenaar moes mooi te werk gaan, want as 'n man te kort gedoen word,
raak hy baie vies

As dit 'n standbeeld was, was daar sitplek vir ten minste nog 2 duiwe

As die "liggaamsdeeltjie" 'n kondoompie op gehad het, was dit 'n "bedekte
seun".

Die skildery is nie deur Brett Murray nie, maar deur Irma Sperm.

Die skildery is nie deur Brett Murray nie, maar deur Pie...neef

Daar is baie slange in die ANC se gras, hoekom veroorsaak hierdie ou
slangetjie so 'n ophef?

Die skildery gee nuwe betekenis aan "dicktator" (onthou Julius se
beskuldiging?)