Orania - 'n blik oor die dorp.
Friday, November 2, 2012
Ekonolomie vir klein kinders. Of is dit nou "Ekonomolie"
EERSTE KINDERSTORIE
Tant Miena sit in die son op die stoep by die groen agterdeur. Die winter is op pad.
Haar breinaalde klik tik – klik tik – klik tik soos sy brei aan ‘n trui. Sy dink daar is so baie om te doen: groente skil, brood bak, huis skoonmaak, die hoenders kos gee. Sy is nogtans dankbaar vir al haar seeninge en die klein pensioentjie wat sy kry.
Vandag het sy egter baie goeie nuus ontvang. Die plaaslike supermark, dis nou die groot blink nuwe een daar naby “Skuldbult” aan die buitekant van die dorp het ‘n “special” aangekondig dat hulle vir die volgende jaar hul hoendereiers teen 50% afslag aan pensioenarisse gaan verskaf.
Sy dink by haarself – “miskien moet ek maar van die paar hoendertjies ontslae raak – die hoenderkos is so duur en dan moet ek nog vir Jonas, die man wat eenkeer ‘n week inkom om die hokke skoon te maak en die swaar werk te doen, betaal”. Daar bly maar min van die geldjies oor van al die beskuit wat sy bak en by die Saterdagmark verkoop. Die goedkoop eiers gaan haar baie help…
“Jonas, ja ek is baie jammer,maar ek moet geld spaar vir Sanna – jy weet sy is my enigste kleinkind en haar ma, ja haar ma, ag toemaar…ek moet vir Sanna skoolgeld wegsit anders weet ek nie wat met haar gaan gebeur nie – jy weet sy is so slim en sy het nou begin met klavierlesse en dit kos ook geld – ek weet nie hoe ek gaan uitkom nie…” Sy word stil. “Jonas, volgende week is dan jou laaste dag, jy hoef nie meer hier kom werk nie. Jy kan maar af en toe ‘n draai maak en hoor of daar iets is wat jy in die tuin kan doen…”
Jonas suig aan 'n dooie pyp. Wat gaan hy nou maak, die geldjies wat hy verdien het, het darem 'n paar gaatjies toegestop. Hy draai om en loop stadig weg.
(Later die middag toe Mina sy koffie vir hom bring)
“Wat gaan Mevrou met die hoenderjies doen?”
Nee wat ek bedoel is “Ek sal elke dag na hulle kom kyk. Ek sal voor werk en na werk hulle kom kos gee en versorg. Mevrou hoef niks te doen nie!”
“Slaghoenders, Mevrou weet mos daar in die lokasie betaal hull ekstra vir lewendige wit hoenders…”
“Nee eiers werk nie – daardie ‘discounts’ en ‘specials’ van die nuwe ‘Supermarket’ het die eierbesigheid ‘gekill’ – maar hulle sal nooit lewendige wit hoenders in hulle ‘smart’ skoon winkel cerkoop nie” se Jonas en hy lag so lekker dat ‘n mens sy kleintongetjie kan sien. Sy oe blink van opgewondenheid oor hierdie nuwe geleentheid wat oor sy pad gekom het.
VIR DIE OUER
Hierdie storie illustreer die gevolge van "goedkoop" invoere na Suid Afrika van ander lande soos China en elders. Die huidige hoenders wat sogenaamd "gestort" word is 'n voorbeeld. Goedkoop proteine is 'n geweldige verligting vir miljoene Suid-Afrikaners, maar sommige gaan nes Jonas hul werk verloor. Die oplossing is nie om die storting te verhoed nie, maar om diegene wat hul werk verloor 'n beter alternatief te bied. Daardie alternatief le in ekonomiese groei en entrepreneurskap. Invoere werk dieselfde as nuwe tegnologie - 'n mens verhoed nie tegnologiese vooruitgang om werk te beskerm nie - vragmotors het die ossewadrywer se werk vernietig.
Party mense meen dat die ingevoerde produk as gevolg van subsidies teen 'n prys laer as koste verkoop kan word en daarom onregverdige mededining is.
Dis dieselfde as die Supermark in die storie - hull verkoop hul eiers aan pensioenarisse teen pryse wat miskien selfs laer is as hul aankoopprys as deel van hul sosiale verantwoordelikheid- en bemarkingstrategie. Hulle doen niks immoreel nie en die verbruiker baat daarby. Jonas verloor sy werk - dit behoort hom egter nie in die lewe te stuit nie - dit is die les.
Wat die storie egter nie vertel nie is toe Jonas die "Wit hoender" in sy agterplaas slag daag die gesonheidsinspekteur op en beboet hom R 2000.
Charl Heydenrych
Februarie 2017
TWEEDE STORIE
Die tyd gaan verby. Greon begin hemde maak en Roi broeke. Greon het ‘n hempmaakbesigheid, Roi het ‘n Broekmaakbesigheid.
Die hempbesigheid het nou 100 hemde. Die broekbesigheid het nou 20 broeke. Greon vir Roi – “Ek ruil een hemp vir een van jou broeke. Hulle se dis gaaf – kom ons maak so. Hulle ruil een hemp vir een broek. Hulle is albei gelukkig. Greon is gelukkig want hy is al ‘n bietje moeg om net een ou broek te dra – Die broek wat hy nou dra sit te lekker aan sy lyf. Roi is gelukkig want hy is al ‘n bietje moeg om net een hemp elke dag te dra – Die hemp wat hy nou dra laat hom alte netjies lyk…hy is al ‘n bietjie moeg vir sy ou verslete hemp.
‘n Dag of twee gaan verby. Greon sê vir Roi – “Ek is weer lus vir een van jou broeke. Ek gee vir jou een van my hemde vir een van jou broeke. Roi se – dis ‘n bietjie van ‘n probleem vir my ek het nie meer so baie materiaal vir broeke nie. Hoekom gee jy nie vir my drie van jou hemde vir ‘n broek nie dan kan ek iets kry om te eet en materiaal koop. Greon se nee dit is ‘n bietje kwai gaaf, ek gee jou drie hemde dan gee jy my twee broeke dan kan eek ook iets kry om te eet – Hulle toe “kom ons maak so”. Hulle ruil twee broeke vir drie hemde. Hulle is albei gelukkig. Roi is gelukkig want hy het nou drie hemde vir twee broeke gekry. Roi neem toe een van die hemde en ruil een vir ‘n brood met Mnr Roodt en die ander vir materiaal met Mat. Greon neem een van die broeke en koop ‘n vis by Mnr Visser.
Almal is gelukkig met hulle transaksies want almal het iets wat hulle nie gehad het nie gekry in ruil vir iets wat hulle baie van het. Die volgende dag gebeur daar toe ‘n snaakse ding...
Die snaakse ding is toe Greon n brood wou koop. Hy neem toe een van sy hemde na Mnr Roodt en vra “Kan ek ‘n brood kry in ruil van ‘n hemp – kyk ek ‘n rooie en’n geel een – van watter een hou jy? Nee wat ek het net gister vir my ‘n hemp gekry – ek het nie nou een nodig nie. Maar waar het jy die hemp vandaan gekry – ek is die enigste een wat hemde in die omgewing maak? Nee, Roi het dit vir my gebring. Greon se toe – maar hy maak broeke – nie hemde nie! Mnr Roodt krap onder sy toonbank rond en haal die hemp uit – nog mooi verpak in sy plastieksak. “Maar dis een van myne! Se Greon toe hy die hemp herken wat hy gister vir ‘n broek verruil het.
Hy neem toe maar sy hemp en draai om. Net voordat hy wegloop sy Mnr Roodt vir hom. As jy vir my ‘n dosyn eiers kan bring gee ek vir jou ‘n brood...
Greoon stap toe na Mev. Hoenderdos om te kyk of hy sy hemp vir ‘n dosyn eiers kan verruil. Nee, se Mev Hoenderdos ”my man is mos al ses jaar oolede – ek wil nie ‘n manshemp he nie...” Net voor Greon wil sug se sy – O, Ja dis mos amper Kersfees, ek wil vir Johannes, sy broer ietsie gee. Kom ek kyk of die hemp hom sal pas”. ‘n Paar minute later is hy daar weg met twee dosyn eiers. En nie lank daarnaa loop hy die pad huitoe met ‘n dosyn eiers en ‘n brood. Hy is nou eers gelukkig want hy weet dat hy niks weet van hoenders of brood bak nie. Hy ken net van hemde maak hy voel sommer so ryk met al die kos onder sy arm – sy vrou en kinders gaan darem vanaand lekker smul aan die “French toast” wat hy vir hulle gaan maak.
Maar toe loop hy die volgende dag in 'n ding vas wat al sy planne in die war gooi.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment