Orania - 'n blik oor die dorp.

Thursday, August 14, 2008

12. 'n Stukkie Afrikaanse geskiedenis: Henning

Sedert die oorname van die Kaap deur die Engelse in 1806, is die gebruik van die Hollandse taal doelbewus en stelselmatig op die agtergrond gedwing. Die voertaal in die Parlement was net Engels — so ook in alle Geregshowe en ander publieke kantore. Die Kiesafdeling van Albert het vanaf 1878 ’n belangrike rol gespeel om gelyke taalregte vir Hollands in die Parlement te verkry. Toe die Burgersdorpers na jare se veg vir die gebruik van hulle taal, oorwinning behaal, het dit outomaties gevolg dat die eerste taalmonument op Burgersdorp opgerig moes word. Ook hier het die Burgersdorp Hennings ’n nederige aandeel in gehad. In teenstelling met ander naburige dorpe waar dit mode en spoggerig was om met Engels geassosieer te word, het Burgersdorp ’n suiwer Boere dorp gebly.

Verskeie Burgersdorpmans het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899—1902 as Kaapse Rebelle aan die oorlog deelgeneem. Talle is nooit gevang nie — ’n paar was egter nie so gelukkig nie, onder andere b6.c1.d3.e4. Andries Gerhardus Henning. Die Engelse het hom as ’n “Eersteklas rebel” gebrandmerk. Hy is drie maande in die tronk gesit, waarna hy op £9 000 borgtog vrygelaat is. Verskeie ander se stemreg is hulle vir vyf jaar lank ontneem.

Na die drie jare van worstelstryd teen die magtige Brittanje waar net afgebrande plae oorgebly het, kon talle boere, waaronder verskeie Burgersdorpers hulle net eenvoudig nie versoen met die idee dat hulle Britse onderdane was nie. Kort na die oorlog het ’n gerug in die Vrystaat die rondte begin doen dat ArgentiniĆ« plase (van melk en heuning) vir Suid-Afrikaanse boere aanbied. ’n Paar boere het in 1903 na ArgentiniĆ« getrek, waaronder ds LP Vorster, destydse Gereformeerde predikant op Burgerdorp. Hy het inderwaarheid net verkenningswerk gaan doen. By sy terugkeer het hy dan ook talle Burgersdorpers oortuig dat dit die moeite werd was om te trek. Op 12 Oktober 1905 het ’n honderdtal boere van die Burgersdorp en Philipstown distrikte vanaf Burgersdorp vertrek. Onder hulle was bekende families soos Grobler, Coetzer, Olivier, Evenhuys, De Klerk, West, Van der Walt, Van Rensburg, Schlebusch, Venter, Van Wyk, Smit en ’n hele aantal Henning gesinne, onder andere die drie broers b6.c1.d3.e1. Pieter Hendrik, b6.c1.d3.e5 Joseph Jooste en b6.c1.d3.e7 Douw Gerbrand en hulle gesinne, asook b6.c4.d7.e1. Willem Frederik en sy gesin. Die stryd waardeur hierdie mense moes gegaan het voordat hulle finaal besluit het om hulle vaderland te verlaat, word weerspieel in die volgende uittreksel uit b6.c1.d3.e5.f3. Pieter Hendrik Henning se boek: “’n Boer in ArgentiniĆ«”2.
http://www.henning.org/CD/kroniek/hs7.htm

Add a cellphone number to the cellphone directory here.
Click here if you wish your business to be listed for free in our directories. If you have a product that you wish to list in the SA Cellphone Directory go to Click here

Did you not find what you were looking for?

No comments: